Welkom by ons huis.
Sunset View Gastehuis
bied eg Suid Afrikaanse
gasvryheid in 'n veilige omgewing naby die stad, maar in die natuur.
Ons is "trots
Suid Afrikaans" en wil graag u verblyf by ons spesiaal maak.
Ons bied 6 netjiese
en-suite kamers met 'n uitsig en balkon. Ons keur van smaaklike ontbyte is onvergeetlik.
Die gastehuis is
geleë teen 'n boomryke koppie waar u die sonsondergang kan geniet asook ons geveerde besoekers.
'n Prettige rotspoel
is op die onderste terras van die immergroen tuin.
Besoek die Pretoria dieretuin, museums, Voortrekkermonument, Botaniese tuine, Uniegeboue, Pretoria
skou, Hartebeespoort dam.