Welkom by ons huis.
Sunset View Gastehuis
bied eg Suid Afrikaanse gasvryheid
in 'n veilige omgewing naby die stad, maar in die natuur.
Ons is "trots Suid
Afrikaans" en wil graag u verblyf by ons spesiaal maak.
Ons bied 6 netjiese en-suite
kamers met 'n uitsig en balkon. Ons keur van smaaklike ontbyte is onvergeetlik.
Die gastehuis is geleë teen
'n boomryke koppie waar u die sonsondergang kan geniet asook ons geveerde besoekers.
'n Prettige rotspoel is op
die onderste terras van die immergroen tuin.
Krediet en debietkaarte
word aanvaar.
Besoek die Pretoria dieretuin, museums, Voortrekkermonument, Botaniese tuine, Uniegeboue, Pretoria
skou, Hartebeespoort dam.
Besoek ook ons nuwe gastehuis naby(<2km) Moreleta Park NG Kerk ouditorium.